Kom kyk na die nuwe website - www.devries.me.uk
jy kom tot op n punt in jou lewe, waar jy net dink "jou moer man !"
Maart 26, 2013
Hoof Moer anja, anja de vries, devries, devries.me.uk, fran, johan de vries, johan fran anja de vries, nuwe website, we have moved, www.devries.me.uk Lewer kommentaar
Maart 20, 2013
Ja, tyd het al weer gekom vir ons om n move te maak op die bloggersphere.
WordPress.com is okay, maar dit het my die laaste tyd so n bietjie frustrate , want hulle laat jou nie seker addons install nie, goed wat dit makliker maak om die site op datum te hou, of posts te maak.
So gaan na www.devries.me.uk toe, en kyk daar. Daar is nog nie baie op die site nie, maar ek sal dit update soos ek kans kry.
February 21, 2013
Hoof Moer clownville, do the crime do the time, OP, oscar, reg 1 Kommentaar
Soos meeste mense op die oomblik volg ek die Oscar storie met so n morbid obsession (op Twitter en n paar ander nuus sites).
Elke bliksem het n mening en n standpunt oor wat gebeur het, wat aangaan het, en elkeen het sy eie gevolgtrekking. Dit range van “Oscar is onskuldig” tot by “hang die fokker”, van “ons bid vir hom” tot “ons kan nie n fok omgee nie”.
Ek persoonlik is old school as dit by die wet en reg kom, en dinge by die “boek doen” (Eintlik meer n skaap,) want ek glo jy moet die wet en reels volg en nakom. (wat baie mense verbaas !). Dit het my al n paar keer in my lewe in die gat gebyt, wat ek agterna oor spuit (of spyt ??) was, maar dis soos ek groot gemaak is – so kom ons move aan
Moord bly moord, maak nou nie saak hoe jy daarna kyk nie. Hy het Reeva geskiet (in cold blood ?) Sy storie het net veel gate in, te veel goed wat nie lekker klink nie. Daar is net “te” veel vrae oor die omstandighede. Wat gebeur het daai aand, sal seker met verloop van tyd uitkom. Wat werklik gebeur het die aand, en hoekom dinge so n draai gevat het, sal nooit werklik uitkom nie. Net 2 mense weet dit, en een van hulle is begrawe, die ander sit in n sel.
Wat my nog moerig maak oor die storie, is dat dit voorkom asof hy “special treatment” kry. Word nie in die tronk aangehou nie (wat seker die plek is waar meeste ander “mortals” seker aangehou sou word) Dis nie dat ek hom verwens nie, maar daar word n ophef oor hom gemaak, en niemand noem Reeva se broers / susters / ouers / ens wat haar Dinsdag begrawe (cremate) het nie. Dis asof sy nie deel van die storie is nie,
Nog iets wat my opgeval het oor die hele saak, is dat besig is om in n sirkus te ontaard. Ondersoek beampte wat ook attempted murder charges teen hom het. Die polisie wat lyk my kak aangejaag het by die scene, en so kan ek aangaan. Dit lyk vir my asof die linker hand nie weet wat die regter hand doen nie.
Hy moet nou maar die gevolge dra van wat hy gedoen het. Ek hoop nie hy kom weg (of af) op n technical punt nie. Dit is waar dat jy net so goed is soos die mnse wat jy kry om jou te verdedig, en hy het (glo) die best in SA wat sy saak vir hom gaan veg in die hof.
Ek persoonlik dink hy hoort agter trallies, tot wanneer ook al sy saak voorkom.
Januarie 17, 2013
Hoof Moer British citizen, ceremony, life in the UK, twickenham 1 Kommentaar
Oor en verby, ons het gister on ceremony gedoen in Twickenham, on certificates gekry, en is nou amptelik British Citizens.
Die ceremony was in Twickenham (the home of rugby !!) gehou. Was seker so n uur lank gewees gister, wat nie te sleg was nie. Die burgemeester was daar. Sy doen so n vinnige speech, en dan moet jy opstaan en jou volle name gee. Na dit doen jy die deceleration, en dan word jy opgeroep, waar hulle jou dan jou certificate gee. Neem n paar pics, en dan nog so n vinnige speech, net om jou welkom te heet, en dan speel hulle “God Save the Queen”, en dis oor.
Moet se ek het nogal trots gevoel toe ek die certificate ontvang het – en nog trotser toe Anja en Fran opgegaan het om hulle sin te ontvang. Anja hoef dit nie te gedoen het nie (omdat sy nog n minor is), maar ons het gevoel dit sal beter wees as ons al 3 dit saam doen.
Al wat nou nog oorbly is om vir ons UK Passports aansoek te doen, en dit sal seker binne die volgende paar weke gebeur, en dan kan ons begin dink om op vakansie te gaan.
Januarie 15, 2013
Hoof Moer facebook, hacked, pot kak, twitter Comments Off
Ek het nog altyd n hate / love relationship met Facebook. Ek haat dit soos die fokken pes, maar dan like ek dit om met my connections te gesels op FB.
Miskien omdat ek te nosy is, en wil weet wat die res van die wereld doen. Soos iemand vir my eendag gese het, dit voel soos om oor iemand se heining te kyk, en te spy op wat hulle doen.Facebook deesdae is deesdae net pictures van mense se katte / honde / wat hulle geeet het/ hoe lief hulle vir een of ander ding / mens/ is, wie veg met wie, of wie pomp wie. Die regse wat moan, die linkses wat moan. Kak waarin ek nie eintlik belangstel nie, of goed waarmee ek myself ophou nie.
Wat my nog meer die moer in gemaak het vanoggend, was dat een of ander clown in Egipte (nogal volgends die map wat hulle wys van waar die versoek af kom !!) probeer inlog het op my Facebook. Gelukkig kon die doos nie access kry nie, maar dit het beteken ek moes password reset vir FB (en dan op my foon /ipad/computer en elke liewe device wat ek het) Sulke klein goedtjies wat my sommer baie die moer in maak.
Ek is baie lus om dit te delete en kaar te kry. Net aan te karring op Twitter, en dit as my main Social media app te gebruik. As jy my wil volg, soek vir @hoofmoer op Twitter
Sal maar sien hoe voel ek vanmiddag as ek so n bietjie gekalmeer het.
Januarie 14, 2013
Hoof Moer 2012 review, mooi tiete, oulike boodskappies, tiete Comments Off
The WordPress.com stats helper monkeys prepared a 2012 annual report for this blog.
Here’s an excerpt:
4,329 films were submitted to the 2012 Cannes Film Festival. This blog had 26,000 views in 2012. If each view were a film, this blog would power 6 Film Festivals
Januarie 14, 2013
Hoof Moer afrikaanse tiete, booze cruise, British citizen, hoofmoer, kaal suid afrikaanse vrou groot tiete, life in the UK, passport, tiete, UK Passport 1 Kommentaar
Vandat ek laas hier n post gemaak het, het so baie gebeur, maar die belangrikste gebeurtenis – ek is nou n British citizen.
Ons het al ons papierwerk afgestuur die middel Oktober (wat ons 2000 Gbp gekos het), en vroeg in Desember n briefie gekry van die Home Office af, wat se ons in nou amptelik British citizens van die 26 November 2012 af.
Die woensdag wat kom (16de Jan 2013) gaan ons ons eed afle, en ons ewige trou aan Elizabeth en die vlag sweer, en dan ons certificates kry. Ek het nie aansoek gedoen vir dual citizen nie, want n Suid Afrikaanse passport beteken nie veel meer vir my nie. Soveel drama as jy iewers wil heen in Europa, dat ons dit maar net laat gaan. So nou kan ek die laaste Afrika stof van my voete afskop – en die wereld aanvat met my UK Dompass. Dit sal seker nog so n maand of 2 vat voor ek my passport uitgesort kry, maar die einde is nou in sig.
Ons het gedink om ons SA passports the hou, maar vir die pleasure wil diee SA regering nog so iets soos 90 Gbp n application he. En siende ons het nou net 2000 geblaas op die UK Citizen ship, het ons maar besluit om dit te laat gaan. Anja wil haar SA passport hou, weet nie hoekom nie, maar as sy dit wil doen is dit up to her.
Die dag wat ek my passport kry, is ek op die 1st vliegtuig / boot / trein Europa toe. Booze cruise Frankryk toe, of Belgie of Amsterdam toe vir n dag.
So daar is dit nou, na 14 jaar op die Moddereiland het ons at last ons passports uitgesort.